4 Toe die koningin van Skeba al Salomo se wysheid hoor en sy tempel sien, het sy amper geen woorde meer gehad nie.
5 Toe sy die kos op die tafel sien, asook die wonings van sy amptenare, die vermoë van sy paleispersoneel om goed te organiseer, die klere van sy amptenare, die bediening van sy kelners, en die offers wat hy by die tempel gebring het, het sy na haar asem gesnak.
6 Sy het vir Salomo gesê: “Alles wat ek van u in my eie land gehoor het, is waar. Alles is presies soos die mense gesê het.
7 Ek moes self kom kyk, anders sou ek dit nooit geglo het nie. En ek het skaars nog die helfte gehoor. U kennis en u rykdom is nog baie groter as wat hulle my vertel het.
8 Hoe gelukkig is u mense darem nie! Hoe gelukkig is die amptenare nie wat elke dag saam met u werk en al u wysheid hoor nie!
9 Prys die Here, u God! Hy het u so liefgehad dat Hy u koning van Israel gemaak het. Hy het ook sy volk Israel so liefgehad dat Hy u as koning aangestel het sodat u vir hulle kan leer hoe om reg te leef.”
10 Sy het toe vir die koning al die geskenke gegee wat sy saamgebring het: 4 000 kilogram goud en ’n groot hoeveelheid juwele en speserye. Niemand sou ooit weer soveel en sulke goeie geskenke ontvang nie.