36 Een stam sal nog oorbly en Salomo se nageslag sal daaroor regeer. Soos Ek belowe het, sal daar altyd een van Dawid se nageslag in Jerusalem regeer. Jerusalem is die stad wat Ek gekies het en dit is die plek waar Ek aanbid word.
37 “‘Jerobeam, Ek sal jou die koning van Israel maak en jy sal oor die hele gebied van die tien stamme regeer.
38 As jy mooi na My luister en volgens my wil leef, sal dit met jou goed gaan. As jy ’n koning soos Dawid is, sal Ek altyd naby aan jou wees. Ek sal jou koningskap voorspoedig maak en Ek sal sorg dat iemand uit jou nageslag altyd oor Israel regeer. Ek sal vir jou doen wat Ek vir Dawid gedoen het.
39 Salomo se lewe het begin skeefloop en daarom gaan Ek die nageslag van Dawid straf. Ek sal egter nie vir altyd vir hulle kwaad bly nie.’”
40 Toe Salomo hoor wat met Jerobeam gebeur het, wou hy hom net daar doodmaak. Maar Jerobeam het na koning Sisak van Egipte toe gevlug. Daar het hy gebly totdat hy gehoor het Salomo is dood.
41 Hulle het toe Salomo se hele lewensgeskiedenis beskryf. Besonderhede oor sy lewe, sy wysheid en alles wat hy gedoen het, is in ’n boek Die lewe en werk van Salomo opgeteken.
42 Hy het 40 jaar lank in Jerusalem as koning regeer.