40 Toe Salomo hoor wat met Jerobeam gebeur het, wou hy hom net daar doodmaak. Maar Jerobeam het na koning Sisak van Egipte toe gevlug. Daar het hy gebly totdat hy gehoor het Salomo is dood.
41 Hulle het toe Salomo se hele lewensgeskiedenis beskryf. Besonderhede oor sy lewe, sy wysheid en alles wat hy gedoen het, is in ’n boek Die lewe en werk van Salomo opgeteken.
42 Hy het 40 jaar lank in Jerusalem as koning regeer.
43 Salomo is dood en is in Jerusalem, die stad van Dawid, begrawe. Sy seun Rehabeam het hom opgevolg.