29 Hy het een van die goue kalwers in Bet-El en die ander een in Dan gesit.
30 Wat Jerobeam gedoen het, was verkeerd. Die volk het gesondig deur in Bet-El en Dan te gaan offer.
31 Jerobeam het nog verder gegaan en offerplekke op hoë plekke in die berge gebou. Hy het ook priesters aangestel wat nie eens Leviete was nie.
32 Jerobeam het ook ’n spesiale feesdag ingestel, nes die feesdag in Juda. Dit is op die vyftiende dag van die agtste maand gevier en almal moes dit bywoon. Baie offers is op hierdie feesdag gebring vir die beelde wat hy laat maak het. En hy het ook die priesters wat hy self aangestel het daar laat optree.
33 Jerobeam het hierdie feesdag ingestel om te keer dat sy mense Jerusalem toe gaan. Op die vyftiende dag het hy Bet-El toe gegaan en by die altaar gaan staan. Net toe hy die offervuur wou aansteek, het die profeet daar aangekom.