31 Na ’n ruk het die ouer profeet vir sy seuns gesê: “Wanneer ek die dag doodgaan, moet julle my in dieselfde graf begrawe as die man uit Juda,
32 want sy woorde oor die altaar in Bet-El en al die ander aanbiddingsplekke in Samaria sal nog waar word. Alles wat hy gesê het, het van die Here gekom.”
33 Jerobeam het voortgeleef asof niks gebeur het nie. Hy het oral altare gebou en sommer enigiemand wat hy wou daar as priester aangestel.
34 Jerobeam het verkeerd gedoen. Dit sou tot die ondergang van sy koninkryk lei.