7 Gaan vertel vir Jerobeam wat die Here vir hom sê: ‘Van almal het Ek jou gekies. Ek het jou koning van Israel gemaak.
8 Ek het die grootste deel van Dawid se koninkryk gevat en vir jou gegee. Tog is jy nie ’n man soos Dawid nie. Hy het My liefgehad en my wil met oorgawe gedoen.
9 Maar jy het erger dinge gedoen as enigiemand voor jou. Jy het die rug vir My gedraai. Daarom het jy My verneder deur beelde van ander gode te maak.
10 Met jou en jou familie gaan daar iets verskrikliks gebeur. Alle mans, oud en jonk, sal uitgewis word. Ek sal Jerobeam se familie wegvee soos ’n mens gemors wegvee.
11 Dié wat in die stad sterf, sal deur honde verskeur word en dié wat in die veld doodgaan, sal deur die voëls opgevreet word. Alles sal gebeur omdat Ek dit sê.”’
12 Agija het toe vir Jerobeam se vrou gesê: “U moet onmiddellik huis toe gaan. Sodra u die stad binnegaan, sal u seun sterf.
13 Almal sal hartseer wees en oor u seun rou. Die Here het net in hom iets goeds gevind, en daarom sal hy ook die enigste van Jerobeam se kinders wees wat ooit in ’n familiegraf begrawe sal word.