9 Asa het in die twintigste jaar van Jerobeam van Israel se regering koning van Juda geword.
10 Hy het 41 jaar in Jerusalem regeer. Sy ouma Maäka was ’n dogter van Abisalom.
11 Asa was anders as Abia. Hy het goeie dinge gedoen, net soos sy voorvader Dawid.
12 Hy het alle manlike prostitute uit die land verban en die afgode van sy voorgangers verwoes.
13 Hy het selfs sy ouma Maäka as koningin-moeder ontslaan omdat sy ’n groot en afskuwelike beeld van Asjera, die godin van vrugbaarheid, gemaak het. Asa het die ding afgebreek en in die Kidrondal verbrand.
14 Asa was lief vir die Here, maar hy kon op die ou end nie daarin slaag om al die offerplekke op die hoogtes waar die volk so graag geoffer het te verwoes nie.
15 Hy het al die goed wat sy pa aan die Here se diens gewy het, in die tempel gestoor. Asa het ook al die goue en silwervoorwerpe wat hy self aan die Here gewy het, in die tempel gaan bewaar.