1 Die Here het met die profeet Jehu seun van Hanani gepraat, en Jehu het die boodskap aan Baesa gaan oordra.
2 “Jy was niks, absoluut niks in my oë nie. Ek het jou uit die stof opgetel,” het die Here vir Baesa gesê. “Nogtans het Ek jou koning van Israel gemaak. Jy moes my mense lei, maar jy het Jerobeam se pad geloop en hulle verkeerde dinge laat doen. Hulle sonde het My baie kwaad gemaak.
3 Ek sal daarom met jou maak soos met Jerobeam. Jou hele familie sal uitgewis word.
4 Enigeen wat in die stad sterf, sal deur die honde opgevreet word en dié wat in die veld doodgaan, sal deur aasvoëls verslind word.”
5 Alles wat Baesa gedoen het, kan ’n mens in die boek Die lewe en werk van al Israel se konings gaan naslaan.
6 Baesa is dood en in Tirsa begrawe. Sy seun Ela het hom opgevolg.