16 Soos die Here belowe het, was die meelblik nooit leeg nie en was daar altyd olie in die kan.
17 Na ’n ruk het die weduwee se seun baie siek geword. Sy koors het erger geword en later is hy dood.
18 “Meneer, wat het u my aangedoen?” het die vrou gesê. “Ek het u in my huis ingenooi, maar toe het u vir God van al my sondes vertel; daarom is my kind dood.”
19 “Gee die kind vir my,” het Elia gesê. Toe het Elia die kind van haar skoot af opgetel, hom na sy kamer op die boonste verdieping gedra en op sy bed neergelê.
20 Elia het gekniel en toe hardop gebid: “Here my God, waarom het U dit laat gebeur? Hierdie vrou was baie goed vir my. Sy het nog elke dag vir my gesorg. Waarom het U haar kind laat sterf?”
21 Elia het toe drie keer op die kind gaan lê en gebid: “Here my God, ek smeek U, laat die kind tog leef.”
22 Die Here het toe Elia se gebed verhoor en die kind het weer begin leef.