2 Die Here het vir Elia gesê:
3 “Gaan weg van hierdie plek af en loop ooswaarts totdat jy by die Kritspruit, oos van die Jordaan, kom en kruip dan daar vir ’n ruk weg.
4 Jy kan uit die spruit water drink, terwyl die kraaie elke dag vir jou op my bevel kos sal bring.”
5 Elia het na die Here geluister en na die Kritspruit aan die Oos-Jordaan gestap.
6 Elke oggend en elke aand het die kraaie vir hom brood en vleis gebring. Elia het die water van die spruit gedrink.
7 Na ’n ruk het die spruit opgedroog, want dit het nog nie gereën nie.
8 Toe het die Here vir hom gesê: