18 “Gaan vang hulle,” het Ben-Hadad dronk en deurmekaar gesê. “Of hulle nou kom om te veg of om vrede te sluit, gaan vang hulle en bring hulle lewendig hiernatoe.”
19 Intussen het die groot volksleër ook uit die stad begin beweeg en agter die jong soldate stelling ingeneem.
20 Toe het die geveg begin. Agab se manne het uitstekend geveg en hulle teëstanders man vir man uitgewis. Die Arameërs moes naderhand vlug. Israel het hulle agternagesit. Ben-Hadad was gelukkig om op ’n perd saam met ’n klompie ruiters weg te kom.
21 Alles was gou verby. Toe Agab by die gevegsterrein aankom, het hy ’n groot klomp perde en waens van die vyand gevat. So het Agab op dié dag ’n oorwinning oor die Arameërs behaal.
22 Die profeet het weer vir Agab gesê: “Vandag het dit baie goed gegaan, maar moenie te gerus wees nie. Teen volgende jaar se lente sal die Arameërs weer kom. Beplan dus baie goed en versterk u leërmag.”
23 Koning Ben-Hadad se manne het hom ook raad gegee: “Ons moet liewer in die vlaktes veg,” het hulle gesê. “Israel het gewen omdat hulle ’n berggod aanbid. As ons op die vlaktes veg, sal dit baie beter gaan.
24 Vervang onmiddellik die 32 konings en stel veggeneraals in hulle plek aan.