11 Jisreël se leiers het gedoen wat Isebel beveel het.
12 Hulle het ’n vasdag uitgeroep en vir Nabot voor laat sit.
13 Twee booswigte het voor almal getuig dat Nabot God en die koning gevloek het. Toe het hulle Nabot gevat en hom met klippe doodgegooi.
14 Jisreël se leiers het Isebel toe laat weet dat haar bevele uitgevoer is en dat Nabot dood is.
15 Toe Isebel die nuus hoor, is sy na Agab toe. “Nabot is dood,” het sy gesê. “Gaan vat sy wingerd wat hy nie aan jou wou verkoop nie, want dit is nou joune.”
16 Agab was so bly dat hy onmiddellik na Nabot van Jisreël se wingerd gegaan het om dit op sy naam te kry.”
17 Die Here het toe vir Elia, die profeet uit Tisbe, gesê: