3 Nabot het hom geantwoord: “Ongelukkig kan ek dit nie verkoop nie, U Majesteit. Dit is ’n stuk grond wat ek geërf het en wat al lank deel van my familie is. Dit sal teen die wil van die Here wees as ek dit verkoop.”
4 Agab is toe terug huis toe, maar hy was baie bedruk en ongelukkig omdat Nabot nie sy wingerd wou verkoop nie. Hy het kwaad op die bed gaan lê en heeltyd na die muur lê en kyk. Hy wou ook niks eet nie.
5 Sy vrou Isebel het hom kom vra: “Wat is fout? Hoekom eet jy nie?”
6 “Nabot wil nie sy wingerd aan my verkoop nie,” het Agab gesê. “Ek het aangebied om hom te betaal of ’n ander wingerd vir hom te gee, maar hy wou niks weet nie.”
7 Isebel vra Agab toe: “Wie is die koning hier? Jy of Nabot? Staan op, eet en word vrolik, want ek sal sorg dat jy Nabot se wingerd kry.”
8 Isebel het toe ’n klomp briewe in Agab se naam geskryf en sy seël daarop afgedruk. Sy het dit na al die belangrike mense in Jisreël gestuur.
9 In die briewe het sy gesê: “Roep ’n vasdag uit, laat al die mense bymekaarkom en laat Nabot voor by die belangrike mense sit.