8 Isebel het toe ’n klomp briewe in Agab se naam geskryf en sy seël daarop afgedruk. Sy het dit na al die belangrike mense in Jisreël gestuur.
9 In die briewe het sy gesê: “Roep ’n vasdag uit, laat al die mense bymekaarkom en laat Nabot voor by die belangrike mense sit.
10 Kry twee booswigte wat aan weerskante van Nabot gaan sit. Laat hulle dan voor almal sê dat Nabot God en die koning gevloek het. Vat hom dan tot buite die stad en gooi hom met klippe dood.”
11 Jisreël se leiers het gedoen wat Isebel beveel het.
12 Hulle het ’n vasdag uitgeroep en vir Nabot voor laat sit.
13 Twee booswigte het voor almal getuig dat Nabot God en die koning gevloek het. Toe het hulle Nabot gevat en hom met klippe doodgegooi.
14 Jisreël se leiers het Isebel toe laat weet dat haar bevele uitgevoer is en dat Nabot dood is.