18 Agab het toe vir Josafat gesê: “Dit is net soos ek gesê het. Hierdie man voorspel nooit vir my iets goeds nie. Hy sê net altyd slegte dinge.”
19 Miga het voortgegaan en gesê: “Hoor wat sê die Here verder: Ek het die Here in die hemel op sy troon sien sit. Rondom Hom was hemelwesens.
20 Toe het die Here gevra: ‘Wie sal Agab gaan mislei sodat hy teen Ramot in Gilead sal optrek om daar doodgemaak te word?’ En die hemelwesens het onder mekaar gepraat.
21 Een van hulle het toe vir die Here gesê: ‘Ek sal gaan en Agab mislei.’
22 ‘Hoe sal jy dit doen?’ het die Here gevra. ‘Ek sal maak dat al Agab se profete leuens vertel.’ ‘Goed dan,’ het die Here gesê. ‘Gaan mislei hom. En doen dit deeglik.’”
23 Miga het nog ’n laaste woord vir die koning gesê: “Sien u, alles het toe so gebeur. Die Here het gemaak dat al hierdie profete vir u gelieg het. En dit terwyl die Here u ondergang beplan.”
24 Sedekia die seun van Kenaäna het Miga op sy kakebeen geslaan en gesê: “Van wanneer af het die Here se Gees my verlaat om deur jou te praat?”