31 Die koning van die Arameërs het 32 strydwaens gehad. Hy het elke drywer beveel om die koning van Israel te soek en uit te wis.
32 Skielik het die drywers vir Josafat met sy koningsklere gesien en het gemeen dit is Agab. Hulle het op hom afgepyl, maar Josafat het geskree dat hy nie Agab is nie.
33 Toe die drywers van die strydwaens sien dat hy nie Agab is nie, het hulle hom gelos.
34 Een van die Aramese soldate het heel toevallig ’n pyl in die lug geskiet. Dit het vir Agab getref en deur ’n swak plek in sy harnas gedring. Benoud het Agab vir sy wadrywer gesê: “Ek is gewond. Draai om en kry my vinnig hier weg.”
35 Die geveg was so hewig dat die drywer hom nie kon wegkry nie. Agab moes die hele dag in die wa bly staan en teen die Arameërs veg. Die wa was naderhand vol bloed en teen die aand is hy dood.
36 Die son was al amper onder toe Israel se manne beveel is: “Elkeen moet na sy eie dorp en stad teruggaan. Die oorlog is verby, want die koning is dood.”
37 Agab se liggaam is Samaria toe geneem en hy is daar begrawe.