37 Agab se liggaam is Samaria toe geneem en hy is daar begrawe.
38 By die fontein van Samaria waar die straatvroue hulle altyd gewas het, het hulle Agab se bebloede wa afgespoel. Die honde het sy bloed daar opgelek. Dit het presies gebeur soos die Here gesê het.
39 Alles wat Agab gedoen het, soos die huis met ivoorinlegwerk en al die stede wat hy gebou het, is in die boek Die lewe en werk van al Israel se konings beskryf.
40 Na Agab se dood het sy seun Ahasia hom opgevolg.
41 Josafat die seun van Asa het in die vierde jaar van Agab se koningskap die koning van Juda geword.
42 Hy was 35 jaar toe hy koning geword het. Hy het 25 jaar in Jerusalem regeer. Sy ma was Asuba, ’n dogter van Silgi.
43 Josafat was ook, net soos sy pa, Asa, lief vir die Here en het die regte dinge gedoen.