41 Josafat die seun van Asa het in die vierde jaar van Agab se koningskap die koning van Juda geword.
42 Hy was 35 jaar toe hy koning geword het. Hy het 25 jaar in Jerusalem regeer. Sy ma was Asuba, ’n dogter van Silgi.
43 Josafat was ook, net soos sy pa, Asa, lief vir die Here en het die regte dinge gedoen.
44 Hy kon egter nie die hoogtes afgeskaf kry waar die mense ander gode gedien het nie. Die volk het lustig voortgegaan om hulle offers op die hoogtes te slag en wierook daar te verbrand.
45 Josafat het gesorg dat die verhouding met die koning van Israel goed is.
46 Alles wat Josafat gedoen het, soos sy dapperheid en militêre oorwinnings, is in die boek Die lewe en werk van al Juda se konings beskryf.
47 Verder het hy ook nog al die manlike prostitute wat sedert sy pa, Asa, se tyd oorgebly het uit die land weggejaag.