14 Aginadab seun van Iddo vir Maganajim.
15 Agimaäs was met nog ’n dogter van Salomo, Basemat, getroud en hy was vir Naftali verantwoordelik.
16 Baäna seun van Gusai vir Aser en Alot.
17 Josafat seun van Paruag vir Issaskar.
18 Simeï seun van Ela vir Benjamin.
19 Geber seun van Uri vir die Gilead-streek, wat vroeër deur die Amoritiese koning, Sihon en die koning van Basan, Og, regeer is. Vir hierdie hele streek was daar net een bestuurder.
20 Die mense van Juda en Israel was so baie soos die sand van die see. Hulle het geëet en gedrink en was baie gelukkig.