4 Benaja seun van Jojada was die leërhoof; Sadok en Abjatar was priesters.
5 Asarja seun van Natan was hoof van die streeksbestuurders; Sabud seun van Natan was koninklike raadgewer.
6 Agisar was paleisopsigter; Adoniram seun van Abda was in beheer van die dwangarbeid.
7 Salomo het twaalf streeksbestuurders vir die hele Israel aangestel. Hulle moes sorg dat elke distrik sy beurt kry om die koning en sy huishouding ’n maand lank te onderhou.
8 Die volgende is die name van die twaalf bestuurders en die streke waarvoor hulle verantwoordelik was: Ben-Gur vir die Efraimsberge.
9 Ben-Deker vir Makas, Saälbim, Bet-Semes en Elon-Bet-Ganan.
10 Ben-Gesed vir Arubbot, wat ook Soko en die hele Gefer-streek ingesluit het.