17 Uit die Allerheiligste het ’n mens in ’n ander groot kamer ingestap. Dit is die voorste heiligdom genoem en was twintig meter lank.
18 En as ’n mens uit die voorste heiligdom gestap het, het jy in die binneste heiligdom gekom. Dit was die plek waar die verbondsark van die Here gestaan het.
19 Dit is aan die binnekant met sederhout uitgevoer. Op die houtpanele is daar kalbasse en blomknoppe uitgesny. Alles was so netjies met sederhout uitgevoer dat ’n mens nie die klip kon sien nie.
20 Hierdie binneste heiligdom was tien meter lank, tien meter breed en tien meter hoog. Voor die binneste heiligdom was daar ’n altaar wat Salomo met suiwer goud oorgetrek en met sederhout versier het.
21 Salomo het ook die binneste heiligdom met suiwer goud bedek. Voor die ingang na dié deel is daar ’n ketting van suiwer goud gespan.
22 Nie net die binneste heiligdom nie, maar die hele tempel is met goud afgewerk. Ook die altaar is met goud oorgetrek.
23 Salomo het twee gerubs van olyfhout laat maak en dit in die binneste heiligdom gesit. Elke gerub was vyf meter hoog.