26 Albei gerubs was vyf meter hoog.
27 Salomo het die gerubs in die binneste heiligdom gesit. Die punt van die een se vlerk het aan die een muur geraak en die ander gerub se vlerkpunt het weer aan die ander muur geraak. Presies in die middel van die vertrek het die gerubs se ander vlerke aan mekaar geraak.
28 Salomo het ook die twee gerubs met suiwer goud oorgetrek.
29 Teen die tempel se binnemure het Salomo gerubs, palms en blomknoppe gehang wat in hout uitgekerf is.
30 In sommige vertrekke is die vloer met goud oorgetrek.
31 ’n Dubbeldeur van olyfhout is by die ingang van die Allerheiligste gesit. Die kosyn het die vorm van ’n vyfhoek gehad.
32 Op albei deure is figure van gerubs, palms en blomknoppe uitgesny en alles is met goud oorgetrek.