19 Die bronsvorms is in die vorm van ’n lelie gebou en elkeen was ongeveer twee meter hoog.
20 Aan die bokant van die bronsvorms was daar 200 granate in twee rye gerangskik.
21 Hiram het die twee groot bronspilare voor die ingang van die tempel opgerig. Die een aan die suidekant het hy Jakin en die een aan noordekant Boas genoem.
22 Bo-op die pilare was daar dan die bronsvorms wat soos lelies gelyk het.
23 Hierna het Hiram al sy aandag aan die bronswaterbak gewy. Hierdie waterbak was heeltemal rond, vyf meter in deursnee, twee en ’n half meter hoog, en met ’n omtrek van vyftien meter.
24 Net onder die waterbak se rand was daar twee rye kalbasse wat reg rondom geloop het en wat saam met die waterbak uit een stuk gegiet is.
25 Die waterbak het op twaalf bronsbeeste se rûe gerus. Drie het na die noorde, drie na die weste, drie na die suide en drie na die ooste toe gekyk.