21 Hiram het die twee groot bronspilare voor die ingang van die tempel opgerig. Die een aan die suidekant het hy Jakin en die een aan noordekant Boas genoem.
22 Bo-op die pilare was daar dan die bronsvorms wat soos lelies gelyk het.
23 Hierna het Hiram al sy aandag aan die bronswaterbak gewy. Hierdie waterbak was heeltemal rond, vyf meter in deursnee, twee en ’n half meter hoog, en met ’n omtrek van vyftien meter.
24 Net onder die waterbak se rand was daar twee rye kalbasse wat reg rondom geloop het en wat saam met die waterbak uit een stuk gegiet is.
25 Die waterbak het op twaalf bronsbeeste se rûe gerus. Drie het na die noorde, drie na die weste, drie na die suide en drie na die ooste toe gekyk.
26 Die waterbak se kante was ongeveer nege sentimeter dik. Sy rand was soos die rand van ’n beker en in die vorm van die kelk van ’n lelie. Dit kon 44 kiloliter hou.
27 Hiram het tien waentjies van brons gemaak. Elke waentjie was twee meter lank, twee meter breed en een en ’n half meter hoog.