32 Die waentjies se vier wiele was onder die sypanele en die wielasse was aan die waentjie vas. Elke wiel was ’n meter hoog.
33 Die wiele was soos die wiele van ’n strydwa. Dit beteken dat hulle asse, vellings, speke en nawe alles van brons gemaak is.
34 Die vier stutte aan elke waentjie se vier hoeke is saam met die waentjie gegiet en het ’n geheel daarmee gevorm.
35 Bo-op elke waentjie was daar ’n ronde staander van 25 sentimeter. Plate aan die kante het dit toegemaak.
36 Waar daar ook al plek op hierdie syplate was, is dit met gerubs, leeus, palms en kransies versier.
37 So het Hiram toe die tien waentjies gemaak. Hy het hulle in dieselfde vorm gegiet sodat almal eenders en ewe groot was.
38 Hierna het Hiram tien bronswaskomme gemaak, een vir elke waentjie. Elkeen was twee meter in deursnee en kon 880 liter bevat.