11 Dit was so oorweldigend dat die priesters nie eens hulle werk kon doen nie.
12 Op daardie oomblik is Salomo so deur die Here se nabyheid aangegryp dat hy gesê het: “Here, U is by ons en tog is U ook ver. U is teenwoordig en tog woon U in die donkerte.
13 Here, hierdie wonderlike tempel het ek vir U gebou. Dit moet vir altyd u woonplek wees.”
14 Terwyl die mense nog in verwondering gestaan het, het Salomo na hulle toe gedraai en vir hulle gebid.
15 Hy het gesê: “Ons wil die Here, die God van Israel, loof, want Hy het sy belofte aan Dawid gehou.
16 Sedert die uittog uit Egipte het Hy nie vir Hom ’n stad gekies nie; ’n stad waarin die tempel gebou kon word en Hy aanbid kon word. Toe het Hy Dawid as koning aangestel.
17 My pa, Dawid, wou graag vir die Here ’n plek bou waar Hy aanbid kon word.