4 en dit na die tempel toe gedra. Van die Leviete het toe gekom en die tent waar die Here altyd teenwoordig was, met al sy toebehore ook in die tempel gaan neersit.
5 Salomo en almal saam met hom het toe voor die verbondsark, wat hulle voor die tempel neergesit het, gaan staan en begin offer. Daar was soveel kleinvee en beeste wat geoffer is dat dit nie eens getel kon word nie.
6 Daarna het die priesters weer die verbondsark opgetel en dit binne-in die tempel ingedra. Daar het hulle dit baie versigtig onder die gerubs se vlerke in die binneste heiligdom, die Allerheiligste, gaan neersit.
7 Die verbondsark, asook die houtpale waarmee dit gedra is, het net mooi onder die gerubs se uitgestrekte vlerke ingepas.
8 Die houtpale was egter ’n bietjie te lank en ’n stukkie het by die Allerheiligste uitgesteek. ’n Mens kon dit net sien as jy vlak voor die Allerheiligste gestaan het. Die pale is vandag nog daar.
9 Daar was niks in die verbondsark nie, behalwe die twee kliptafels wat Moses nog by Sinai in die ark gesit het. By Sinai het die Here met Israel na die uittog uit Egipte ’n ooreenkoms gesluit.
10 Toe die priesters uit die heiligdom gekom het, het ’n helder, wit wolk die huis van die Here gevul. Almal het die teenwoordigheid van die Here aangevoel.