1 Joas was net sewe jaar oud toe hy koning geword het.
2 Dit was in die sewende jaar wat Jehu in Israel regeer het. Joas het 40 jaar lank in Jerusalem regeer. Sy ma was Sibja, ’n vrou uit Berseba.
3 Joas se optrede het die Here tevrede gestel, want hy is mos deur die profeet Jojada opgelei.
4 Daar was net een fout: hy het nie die heidene se heilige plekke vernietig nie. Die mense kon aanhou om daar diere te gaan offer en om wierook te brand.