11 As hulle sien die kis raak vol, het die staatsekretaris en die hoëpriester die geld wat tempel toe gebring is, getel en in sakkies gesit.
12 Hulle het die geld aan die kontrakteurs uitbetaal wat aangestel is om die tempel te restoureer. Die kontrakteurs het skrynwerkers, bouers,
13 messelaars en klipkappers aangestel om die herstelwerk aan die gebou te doen. Hulle moes hout en bouklippe voorsien om die vervalle dele van die gebou te herstel. Al dié kostes is uit die tempelbydraes betaal.
14 Die geld is glad nie gebruik vir silwerbakke, messe, komme, trompette of enige gereedskap van goud of silwer nie.
15 Dit is slegs gebruik om vir die restourasie van die tempel te betaal.
16 Daar is ook nie van die kontrakteurs verwag om verslag oor die geld te doen nie. Hulle het hulle werk in goeie trou gedoen.
17 Geld wat van skuld- en sondeoffers afkomstig was, is nie vir die herstel van die tempel gebruik nie. Dit was die priesters s’n.