3 Joas se optrede het die Here tevrede gestel, want hy is mos deur die profeet Jojada opgelei.
4 Daar was net een fout: hy het nie die heidene se heilige plekke vernietig nie. Die mense kon aanhou om daar diere te gaan offer en om wierook te brand.
5 Joas het vir die priesters gesê om al die geld bymekaar te maak wat die mense na die tempel toe bring, of dit nou belasting was en of hulle dit vrywillig gebring het.
6 Die priesters kon dié geld hou, maar hulle moes dit ook gebruik om die tempel te restoureer waar daar swak plekke was.
7 Toe Joas 23 jaar lank koning was, het die priesters nog nie die swak plekke aan die tempel herstel nie.
8 Joas het Jojada en die ander priesters byeengeroep en gevra: “Waarom het julle nie die tempel herstel nie? Van nou af mag julle nie meer die tempelbydraes vir julleself gebruik nie. Dit moet alles gaan vir die restourasie van die tempel.”
9 Die priesters het ingestem: hulle sou nie meer die bydraes ontvang nie, maar dan sou hulle ook nie meer verantwoordelik wees vir die herstel van die tempel nie.