21 Hier is die Here se antwoord oor Sanherib: Jerusalem verag jou en lag jou uit, skud die kop minagtend as jy wegvlug.
22 Wie dink jy het jy belaster en bespot?“Dit was die Heilige Een van Israel!
23 “Deur jou boodskappers het jy gespog en gesê: ‘Ék het die hoogste berge, die verste pieke van die Libanon oorwin, ek het die heel hoogste seders en die heel mooiste sipresbome afgekap en tot in die diepste woude ingedring.
24 ‘Ék het in vreemde lande putte gegrawe en die water gedrink, in Egipte riviere opgedam en met droë voete daardeur geloop.’
25 “Wéét jy dan nie, Sanherib? Het jy nie gehoor nie? Ék het dié dinge baie lank gelede al beplan. Nou het Ek dit alles laat gebeur: Jy moes vestingstede aanval en verwoes,
26 daarom was hulle inwoners so kwesbaar en onvoorbereid op wat hulle sou tref soos grassprietjies wat bo-op ’n dak opslaan en dadelik doodgaan as die son skyn.
27 “Sanherib, Ek ken jou baie goed. Ek weet presies wat jy doen.