31 Daar sal beslis oorlewendes uit Jerusalem kan uitgaan. Daarvoor sal die Here wat die Groot Bevelvoerder is, se groot liefde sorg.
32 “Hier is die Here se boodskap oor die koning van Assirië: hy sal Jerusalem nie aanval of beleër nie. Hy sal nie eers ’n pyl na die stad toe skiet of probeer om in die stad in te kom nie.
33 Hy sal met dieselfde pad teruggaan as die een waarmee hy hierheen gekom het. En hy sal Jerusalem nooit ingaan nie, want die Here sê:
34 ‘Ek sal die stad oppas en red ter wille van die goeie verhouding wat daar tussen My en Dawid was.’”
35 Daardie nag het die Here 185 000 Assiriese soldate laat doodgaan. Toe die res die volgende oggend wakker word, was daar net lyke rondom hulle.
36 Sanherib het onmiddellik sy kamp afgebreek en na sy hoofstad Nineve toe teruggegaan en daar gebly.
37 Terwyl hy op ’n dag in sy god Nisrok se tempel besig was om te bid, het twee van sy seuns, Adrammelek en Sareser, hom vermoor. Hulle twee het toe na die Araratgebied gevlug en ’n ander seun, Esarhaddon, het hom as koning opgevolg.