1 Manasse was twaalf toe hy koning geword het en hy het 55 jaar lank in Jerusalem regeer. Sy ma was Gefsiba.
2 Die Here was glad nie tevrede met wat Manasse gedoen het nie. Hy het weer die verskriklike dinge gedoen wat die mense wat voor die Israeliete in die land gewoon het, altyd gedoen het.
3 Hy het:die heidense heiligdomme wat sy pa Hiskia verwoes het, weer gebou;altare vir die god Baäl gebou;Asjerastompe gemaak, net soos Agab, Israel se koning, voorheen gedoen het;die hemelgode vereer;
4 selfs binne-in die Here se tempel altare vir afgode gebou, in Jerusalem (dit is die plek waarvan die Here gepraat het toe Hy gesê het: “Ek vestig my Naam in Jerusalem”);
5 in albei portale van die tempel altare vir die hemelgode gebou;
6 sy seun in die vuur geoffer;goëlery, waarsêery en towerkunsies beoefen; die toekoms voorspel deur geeste op te roep.Hy het verskriklike dinge gedoen wat die Here baie kwaad gemaak het.