22 Hy het hom glad nie aan die Here gesteur nie en niks gedoen wat die Here van hom verwag het nie.
23 ’n Paar van sy amptenare het toe teen hom saamgesweer en hom in die paleis vermoor.
24 Die mense van die land het egter die moordenaars gevang en tereggestel. Hulle het toe Amon se seun Josia in sy plek koning gemaak.
25 Die res van Amon se geskiedenis word vertel in Die lewe en werk van al Juda se konings.
26 Ná sy dood is hy in die tuin van Ussa begrawe. Sy seun Josia het in sy plek koning geword.