1 Josia was maar agt jaar oud toe hy koning geword het en hy het 31 jaar lank in Jerusalem regeer. Sy ma was Jedida, ’n dogter van Adaja uit Boskat.
2 Wat Josia gedoen het, het die Here baie tevrede gestel. Hy het soos sy voorvader Dawid regeer en dit nie eers oorweeg om iets verkeerds te doen nie.
3 In die agtiende jaar wat Josia koning was, het hy die staatsekretaris Safan na die tempel toe gestuur. Hy het vir hom gesê:
4 “Gaan sê vir die hoëpriester Gilkija hy moet al die geld tel wat die mense tempel toe gebring het en wat die deurwagte bymekaargemaak het.
5 Die geld moet na die kontrakteurs gaan wat moet sorg dat die tempelgebou herstel word. Hulle moet die geld gebruik om die vakmanne te betaal wat die herstelwerk doen.
6 Hulle sal skrynwerkers, bouers en messelaars moet huur en hout en gekapte bouklippe moet koop om die tempel te herstel.
7 Dis nie nodig om boek te hou van die geld wat vir die kontrakteurs gegee word nie, want hulle is betroubare mense.”