34 Hy het toe vir Eljakim, ’n ander seun van Josia, in Jerusalem koning gemaak en sy naam na Jojakim verander. Hy het ook vir Joahas saamgevat Egipte toe, waar hy later dood is.
35 Jojakim moes die boete aan farao Neko betaal. Om dit te kon doen moes almal in Juda belasting betaal. Elkeen moes betaal volgens hulle rykdom.
36 Jojakim was 25 toe hy koning geword het en hy het elf jaar lank in Jerusalem regeer. Sy ma was Sebida, ’n dogter van Pedaja uit Ruma.
37 Die Here was nie tevrede met wat Jojakim gedoen het nie. Hy het die slegte voorbeeld van sy voorouers gevolg.