1 Dit was in die negende jaar wat Sedekia regeer het. Op die tiende dag van die tiende maand het Nebukadnesar met sy hele leër by Jerusalem opgedaag en die stad omsingel. Die inwoners is van die buitewêreld afgesny.
2 Hulle het die stad byna twee jaar lank so beleër.
3 Teen die negende dag van die vierde maand van die elfde jaar wat Sedekia regeer het, was daar glad nie meer kos vir die mense nie.
4 Dié nag is daar ’n gat deur die stadsmuur gebreek en die soldate het probeer vlug. Al het hulle geweet dat die Babiloniese soldate die stad omring, het hulle in die rigting van die Jordaanrivier probeer wegkom.