19 In die stad het hy ook die offisier gevang wat in bevel van die soldate was, saam met vyf vriende van die koning en die hoof van die leër se sekretaris wat soldate moes oproep, asook ’n verdere 60 burgers.
20 Hy het hulle almal as gevangenes na die koning van Babel in Ribla geneem
21 wat hulle net daar laat doodmaak het.Só is die hele Juda in ballingskap uit hulle land uit weggevoer.
22 Nebukadnesar het Gedalja aangestel as goewerneur oor die mense wat hy toegelaat het om in Juda agter te bly.
23 Toe die offisiere en soldate hoor dat Gedalja aangestel is, het hulle na hom toe gegaan waar hy in die dorp Mispa was. Die betrokke leiers was Ismael, Joganan, Seraja en Jaäsanja.
24 Gedalja het hulle verseker dat hulle veilig was. Hy het gesê: “Moenie bang wees vir die amptenare uit Babel nie. Bly in die land en wees gehoorsaam aan die koning van Babel. Dan sal alles goed gaan.”
25 Ismael, wat ’n lid van die koninklike familie van Juda was, het in die sewende maand Mispa toe gegaan. Hy het tien manne by hom gehad. Hulle het Gedalja en die klompie Judese en Babiloniese amptenare by hom vermoor.