1 Die profete het eendag vir Elisa gesê: “Die bymekaarkomplek waar ons u ontmoet, is nou te klein.
2 Kan ons langs die Jordaanrivier gaan hout kap? As elkeen ’n paar balke bring, kan ons ’n nuwe plek bou waar ons bymekaar kan kom.”Elisa het vir hulle gesê: “Gaan gerus!”
3 Een van hulle het egter gesê: “Maar u moet saam met ons kom!” “Nou goed,” het hy geantwoord, “ek kom saam.”
4 Hy is toe saam met hulle rivier toe en hulle het die bome begin afkap.
5 Terwyl hulle werk, het een se byl van die steel losgeraak en in die water geval. “Ag, Meneer,” het hy gekerm, “dit was ’n geleende byl!”