13 “Nou gaan kyk waar hy is,” het die koning gesê, “sodat ons hom kan vang.”Hulle het vir die koning laat weet dat Elisa in die dorp Dotan is.
14 Toe het die Aramese koning op ’n dag ’n klomp soldate met perde en strydwaens na Dotan toe gestuur. Hulle het in die nag daar aangekom en die dorp omsingel.
15 Die volgende oggend vroeg is Elisa se assistent uit buitentoe. Hy kon sy oë nie glo nie! Reg rondom die stad het daar Aramese soldate, strydwaens en perde reggestaan om te veg. Hy het ingestorm en bang uitgeroep: “Ag tog, Meneer! Wat gaan ons nou doen?”
16 Elisa het geantwoord: “Moenie bekommerd wees omdat hulle so baie is nie. Dié aan ons kant is baie meer as hulle soldate!”
17 Elisa bid toe: “Here, maak asseblief sy oë oop sodat hy ook kan sien wat ek sien.” Skielik het die assistent gesien dat die heuwels rondom Elisa vol perde en strydwaens van vuur was.
18 Toe die Aramese soldate vir Elisa bestorm, het hy gebid: “Here, maak hulle asseblief blind!” En die Here het dit gedoen.
19 Elisa sê toe vir die klomp soldate: “Julle is op die verkeerde pad. Hierdie is nie die stad wat julle soek nie. Volg my, dan neem ek julle na die man toe wat julle soek.” Elisa het hulle toe reguit na Samaria toe gelei.