18 Hy sorg dat weeskinders en weduwees regverdig behandel word. Hy het mense van ander volke wat tussen julle bly, lief en Hy gee vir hulle kos en klere.
19 Ook jy moet sulke mense liefhê, want jy was self lank ’n vreemdeling in Egipte.
20 “Jy moet net die Here jou God aanbid. Jy moet Hom altyd dien, altyd aan Hom vashou en net in sy Naam beloftes maak.
21 Die Here is jou God en Hom moet jy altyd loof. Vir jou en vir jou alleen het Hy al hierdie groot dinge gedoen. En jy het alles met jou eie oë gesien.
22 Toe jou voorouers destyds Egipte toe is, was hulle maar min. Tog het die Here julle so baie soos die sterre in die hemel laat word.”