3 Julle het gesien wat Hy alles in Egipte en aan die farao gedoen het;
4 wat met die Egiptiese weermag gebeur het; wat Hy met al die perde en ruiters wat julle agtervolg het, gemaak het; hoe almal in die see beland en verdrink het.
5 Julle weet hoe die Here julle in die woestyn gehelp het en hoe Hy julle tot hier in Bet-Peor gelei het.
6 Julle onthou ook nog wat Hy met die seuns van Eliab, Datan en Abiram, van die Rubenstam gedoen het: hoe die aarde voor die hele Israel oopgeskeur het en hoe Datan en Abiram, saam met hulle vroue en kinders, hulle werkers en besittings daarin geval het.
7 Ja, julle is die mense wat al hierdie magtige dade van die Here gesien en beleef het.”
8 “Israel, leef volgens die wil van die Here sodat julle innerlik sterk kan word en die nuwe land kan binnetrek.
9 Wees getrou sodat julle lank in daardie vrugbare land kan bly wat die Here al aan julle voorvaders beloof het.