7 Ja, julle is die mense wat al hierdie magtige dade van die Here gesien en beleef het.”
8 “Israel, leef volgens die wil van die Here sodat julle innerlik sterk kan word en die nuwe land kan binnetrek.
9 Wees getrou sodat julle lank in daardie vrugbare land kan bly wat die Here al aan julle voorvaders beloof het.
10 Dié land is anders as Egipte. Daar het julle saad geplant en dan moes julle hard werk om dit soos ’n groentetuin nat te lei.
11 In die land waarheen julle op pad is, is dit heeltemal anders. Daar is net berge en vlaktes en almal is van reënwater afhanklik.
12 Die Here sal egter vir die land sorg en oor alles waghou.
13 As julle na al die voorskrifte luister wat ek julle vandag gee, as julle die Here werklik liefhet en Hom met oorgawe dien,