1 “Hier volg al die wette waarvolgens julle moet leef in die land wat die Here, die God van julle voorvaders, vir julle wil gee.
2 Wanneer julle daardie land binnekom, moet julle al die plekke verwoes waar die nasies hulle gode aanbid het. Vernietig alles op die hoë berge, bo-op heuwels en onder elke groen boom.
3 Hulle altare moet jy omstoot, hulle klipstene verbrysel, hulle heilige pale met vuur verbrand, die beelde van hulle gode stukkend kap en hulle name van die plekke verwyder.
4 “Moenie die Here aanbid soos die nasies hulle gode aanbid nie.
5 Uit al die stamme van Israel sal die Here een plek kies waar sy mense bymekaar moet kom om Hom te aanbid.