21 En as die plek wat die Here gaan kies vir julle te ver is, kan julle maar van die skape en beeste slag wat die Here vir julle gegee het en by die huis eet.
22 Enigeen kan die vleis eet.
23 Moet net nie die vleis rou eet nie, want die lewe is in die bloed. Daarom moet jy nie vleis met bloed en al eet nie.
24 Moenie die bloed drink nie, maar gooi dit uit.
25 Onthou, moenie die bloed drink nie. As julle hierdie voorskrifte nakom, sal dit met julle en julle kinders baie goed gaan.
26 “Al die offers en die tiendes wat aan die Here gegee word, moet julle net na een plek toe bring.
27 Slegs daar moet julle die brandoffers met die vleis en die bloed volledig op die altaar verbrand. En slegs daar moet julle ’n deel van die slagoffer eet en die bloed op die altaar van die Here uitgooi.