23 Moet net nie die vleis rou eet nie, want die lewe is in die bloed. Daarom moet jy nie vleis met bloed en al eet nie.
24 Moenie die bloed drink nie, maar gooi dit uit.
25 Onthou, moenie die bloed drink nie. As julle hierdie voorskrifte nakom, sal dit met julle en julle kinders baie goed gaan.
26 “Al die offers en die tiendes wat aan die Here gegee word, moet julle net na een plek toe bring.
27 Slegs daar moet julle die brandoffers met die vleis en die bloed volledig op die altaar verbrand. En slegs daar moet julle ’n deel van die slagoffer eet en die bloed op die altaar van die Here uitgooi.
28 “Israel, luister mooi na alles wat ek vir julle sê. Doen wat goed en reg is in die oë van die Here. Dan sal dit met julle en julle kinders vir altyd baie goed gaan.”
29 “Wanneer die Here al die nasies vernietig het sodat julle in die land kan gaan woon,