29 “Wanneer die Here al die nasies vernietig het sodat julle in die land kan gaan woon,
30 moet julle baie versigtig vir die ander volke se gode wees. Moet hulle glad nie dien nie. Moenie eers wonder hoe die gode aanbid word nie.
31 Moet tog nooit die Here aanbid soos die nasies hulle gode aanbid nie. Hulle doen dinge wat die Here haat. Ter ere van die gode gooi hulle sommer maklik hulle kinders in die vuur. En dit is vir die Here ’n gruwel.
32 “Israel, julle moet alles doen wat ek, Moses, vir julle gesê het. Moet niks hierby voeg nie en moet niks wegneem nie.”