4 “Moenie die Here aanbid soos die nasies hulle gode aanbid nie.
5 Uit al die stamme van Israel sal die Here een plek kies waar sy mense bymekaar moet kom om Hom te aanbid.
6 Daarheen moet julle julle brandoffers en slagoffers bring. Dit is ook die plek waarheen al die tiendes en ander bydraes asook alle gelofteoffers, vrywillige offers en die eerste offers van julle vee geneem moet word.
7 Daar moet julle in die teenwoordigheid van die Here vrolik en gelukkig wees. Julle en julle huisgesinne moet die Here daar loof vir al die wonderlike dinge wat Hy aan julle gegee het.
8 “Wanneer julle die land ingeneem het, moet julle nie aanhou om te doen wat julle tot nou toe gedoen het nie. Julle moenie sommer oral aanbid nie.
9 Dit het julle gedoen voordat julle die Beloofde Land binnegegaan het.
10 Wanneer julle binnekort deur die Jordaan trek, sal julle die land binnegaan wat die Here julle God graag aan julle wil gee. Hy sal julle daar rustig laat woon en julle teen julle vyande beskerm.