8 moet jy nie eens na hulle luister nie. Jy moenie simpatie met hulle hê nie en hulle ook nie eens beskerm nie.
9 Sorg dat hulle onmiddellik met klippe doodgegooi word. Jy moet sommer die eerste klip optel en gooi. Al die ander moet saam met jou sorg dat hulle doodgemaak word.
10 Dié mense het jou van die God probeer vervreem wat jou uit Egipte laat wegtrek het. Daarom moet hulle uit die gemeenskap verwyder word.
11 Almal sal hoor wat met daardie slegte mense gebeur het en dit sal hulle afskrik om nie weer so iets te doen nie.
12 “Indien mense oor een van die dorpe in die nuwe land wat die Here vir jou gee, slegte dinge begin vertel,
13 en as hulle sê dat slegte mense die dorp se inwoners probeer oorreed om vreemde gode te aanbid,
14 moet jy die saak baie deeglik ondersoek. As die gerugte waar is,