1 “Julle is tog die Here se kinders; daarom moet julle nie so rou oor julle geliefdes wat dood is dat julle julle eie liggaam stukkend sny of julle kop kaal skeer nie.
2 Julle is mos die Here se eiendom. Hy het julle tussen al die ander volke gaan uitsoek en vir Hom gevat.”
3 “Julle mag nie allerlei walglike diere of insekte eet nie.
4 Julle mag wel van die groot landdiere eet, soos bees, skaap, bok,
5 takbok, ribbok, hartbees, klipbok, eland, gemsbok, springbok,